Net vir die Vrystaat!

 

Spesiaal en eksklusief om die Vrystaat meer te laat Lag en Floreer! Danksy Van Rensburg Patoloë in Bloemfontein, kan ek 10 optredes in die Vrystaat doen teen ‘n REUSE AFSLAG van minder as halfprys! Nou kan jou kerk, skool of gemeenskapsorganisasie meer geld maak met julle fondsinsameling as julle enigeen van die volgende twee optredes aanbied.

1. Lag meer met ‘n vertoning van unieke stories en staaltjies! Ek waarborg dat jy die meeste van hulle nog nooit gehoor het nie. Spesiaal vir optredes in die Vrystaat is daar ook ‘n spesiale versameling humor met ‘n Vrystaatse geur.

Die vertoning is geskik vir die hele gesin, maar ek pas die inhoud aan vir spesifieke gehore soos damesoggende, manne-aande of ouer mense. Ek gee jou onder andere ook ‘n kykie agter die skerms in die radio ateljee waar die tongduiwel omroepers – en luisteraars – se tonge gereeld knoop. Lag bly maar die beste medisyne en jy sal van al jou sorge vergeet en met ‘n ligter hart huis toe gaan na hierdie goedvoel vertoning.

2. Floreer meer met ‘n motiveringspraatjie wat jou met nuwe hoop sal inspireer. Hoe kry party mense dit reg om gelukkig en hoopvol te wees onder presies dieselfde omstandighede wat ander moedeloos en wanhopig laat? Die antwoord is eintlik eenvoudig en enigeen kan dit toepas.

As jy ‘n spesifieke tema het, kan ek daarby aanhaak. Die boodskap van die praatjie is basies dat jy by die huis nooit ‘n mooi tuin kan hê as jy nie gereeld aandag daaraan gee nie. Maar het jy geweet daar is ‘n figuurlike tuin in jou brein? Jy kan egter nie iemand betaal om namens jou daarin te werk nie. Nes in jou regte tuin, sal jy in jou breintuin ook maai wat jy saai en die vrugte wat jou lewe dra, wys hoe gereeld en hoe ywerig jy daarin werk. Die goeie nuus is dat dit baie makliker is om jou kop fiks te kry as die res van jou lyf!

Hoewel die praatjie op christelike beginsels gebaseer is, is dit glad nie prekerig nie. Jy het mos al ‘n predikant! Ek deel op humoristiese wyse ‘n paar eenvoudige beginsels wat jou lewe kan verander en gee heelwat praktiese wenke wat jou vir seker gelukkiger en suksesvoller sal maak – mits as jy dit natuurlik toepas. Dis maklik. ‘n Bruid doen dit spontaan, en dis die rede hoekom sy op haar troudag maerder is as ‘n jaar voor dit, of ooit daarna!

Kies enige van hierdie twee optredes teen ‘n reuse afslag! Danksy Van Rensburg Patoloë se borgskap kan ek 10 optredes in die Vrystaat doen teen net ‘n derde van die gewone prys – R3000 plus reiskoste vanaf Johannesburg teen R2 per kilometer.

Nou kan jy heelwat meer wins maak. Kontak my by losliprsg@gmail.com om verder te gesels en ‘n optrede te reël op enige beskikbare datum wat jou pas.

Van Rensburg Patoloë se bemarkingspan. vlnr Jaco Strauss, Liza du Preez en Ineke Pentz

Van Rensburg Patoloë se bemarkingspan.
vlnr Jaco Strauss, Liza du Preez en Ineke Pentz

Van Rensburg Patoloë

Reeds sedert ons ontstaan 10 jaar gelede strewe Van Rensburg Patoloë daarna om aan dokters sowel as pasiënte ‘n persoonlike diens van sulke hoogstaande gehalte te lewer dat dit beskou kan word as enig in sy soort. Lees gerus meer oor ons dienste by www.vrpath.co.za.

Die Vrystaat en sy mense lê ons na aan die hart, soos blyk uit ons leuse Van die Vrystaat… Vir die Vrystaat. Ons wil dit graag op verskillende gebiede uitleef en daarom is ons trots om iets terug te ploeg in die gemeenskap deur middel van ons betrokkenheid by projekte soos Laat die Vrystaat meer lag en floreer!

Lag bly maar van die beste medisyne en deur Ian se vertonings in die Vrystaat te borg, wil ons graag meer kerke, skole en ander gemeenskapsorganisasies meer laat lag – maar ook laat floreer as hulle die geld tel nadat hulle Ian se optrede as fondsinsameling aangebied het. Die effek van die borgskap is dat 10 van Ian se lekkerlag optredes of motiveringspraatjies nou in die Vrystaat aangebied kan word vir slegs R3000. Dit beteken jou kerk, skool of vereninging kan met hierdie groot afslag heelwat ekstra wins maak.

Ian pas sy optredes aan vir damesoggende, manne-aande, die jeug of die hele gesin, dus is dit ideaal vir die behoeftes van die breë Vrystaatse gemeenskap. Kontak Ian asb direk vir meer inligting en besprekings by losliprsg@gmail.com of vanaf sy webwerf www.ianwessels.com.

Namens Van Rensburg Patoloë wens ons voorspoed en gesondheid aan al ons dokters en hulle pasiënte toe. Onthou: Leef in die oomblik, lag daagliks en lief nimmereindigend.

Mag julle almal meer lag en floreer!

VRP Logo alleenVan Rensburg Patoloë se bemarkingspan.