Loslippige Lagterapie

 

Lag bly nou maar lekker én aansteeklik! Danksy Slanghoek Kelder kan jy nou meer geld maak vir jou fondsinsameling met my Loslippige Lagterapie.

Ek is bekend vir lekker lag, maar dit voel soms vir my of ek dieselfde stories, staaltjies en grappies oor en oor hoor. Daarom het ek begin om oorspronklike humor te versamel wat ek onder die naam Loslippige Lagterapie met gehore deel. Dit wissel van jagstories, humor in die hof, kinders se sêgoed, boererate, tot by grappies wat mans en vrouens dikwels die meeste geniet – dié ten koste van ander mans en vrouens! Ek deel ook ware stories oor RSG luisteraars se geite en hoe die tongduiwel al my eie tong en die van ander omroepers geknoop het. Ek waarborg dat jy die meeste van hierdie unieke lagmedisyne nog nooit geproe het nie. Die vertoning is geskik vir die hele gesin en ek kan dit aanpas vir spesifieke gehore soos ouer mense, damesoggende en manne-aande. As jy dus ‘n lekkerlag optrede vir fondsameling wil aanbied – dis die Ian!

Danksy Slanghoek Kelder se goedgunstige borgskap kan jou kerk, skool of gemeenskapsorganisasie nou ook meer fondse insamel deur ‘n optrede van Loslippige Lagterapie aan te bied. Hulle subsidieer 25 optredes landwyd wat dit moontlik maak om dit teen ‘n gróót afslag aan te bied – nou net R4500! Reiskoste vanaf Johannesburg kan onderhandel word.

Optredes kan gereël word op enige datum wat jou pas mits ek natuurlik nog nie vir daardie datum bespreek is nie. Kontak my per e-pos by losliprsg@gmail.com om te hoor of jy nog een van die gelukkige 25 is en onthou om te sê of jy al ‘n datum in gedagte het en op watter dorp jy die optrede beplan.

slanghoek

Slanghoek valley in the Breede Valley of the Western Cape of South Africa

Boodskap van Slanghoek Kelder

Slanghoek Kelder se wyne het deur die jare verskeie toekennings verower, maar ons is net so trots op ons Beste Waarde toekennings as op al die ander medaljes. Soos iemand nou die dag op Facebook sê: “Wat is beter as goeie vriende, lekker kos en ‘n bottel Slanghoek? Goeie vriende, lekker kos en twee bottels Slanghoek!” Dis regtig lekker om geassosieer te word met goeie tye – selfs in die moeilike tye!

Goeie tye is op sy beurt weer sinoniem met lekker lag en ontspan. Daarom het Slanghoek besluit om Ian Wessels se vertoning  Loslippige Lagterapie te borg. Die effek van die borgskap is dat die koste van vertonings in 2016 met 50% gesubsidieer word. Dit beteken kerke, skole en ander gemeenskapsorganisasies wat dit as fondsinsameling wil aanbied, kan nou heelwat meer wins maak vir hulle projekte.

Lag bly maar die beste medisyne en met hierdie borgskap wil Slanghoek ook graag meer mense laat lag om vir ‘n rukkie van hulle probleme te vergeet. Dis ons manier om dankie te sê vir die publiek se ondersteuning. As kersie op die koek stel ons ook Slanghoek wyn beskikbaar wat Ian tydens elke optrede aan ‘n lid van die gehoor sal weggee. Kontak hom direk om ‘n vertoning te reël by losliprsg@gmail.com.

Kom loer gerus in by Slanghoek as jy in ons kontrei is. Ons is net ‘n paar kilometer vanaf die N1 langs die Goudini Spa. Neem die Rawsonville afrit op die N1 tussen Worcester en Du Toitskloof en draai af by die Slanghoek bord. Jy kan natuurlik ook van ons wyne aanlyn bestel by www.slanghoek.co.za en ons volg op Facebook (Slanghoek Wine Cellar) en Twitter (@SlanghoekCellar).

Gesondheid!

Pieter le R Carstens
Keldermeester
Slanghoek Kelder