Kaartjies

 

In April gaan kuier ek in die Wes-Kaap om Loslippige Lagterapie toe te dien aan gehore in die Paarl en op Genadendal.

Op Donderdag 21 April tree ek in die Paarl se stadsaal op ten bate van my ou laerskool, WA Joubert. Skakel die skool by 021 8722832 om jou kaartjies te bespreek of stuur ‘n e-pos vir Hendrien by admin@wajoubert.co.za.

Vrydagaand 22 April kan jy in Genadendal kom saamlag ten bate van die Victoria Dienssentrum vir bejaardes. Kaartjies is spotgoedkoop en beskikbaar by die sentrum self. Jy kan ook hulle kantoor skakel by 028 251 8182.

As jy ook ‘n optrede wil reël of ‘n gasspreker of MC soek vir jou funksie, kontak my by losliprsg@gmail.com.